getuienisse
Ramshoring
Bobby van Jaarsveld
Jeug
Braam van Straaten
Riana Nel
Riekert Botha
Onbeskaamd











kliek op die foto vir 'n groter een

Getuienisse




Mark. 16:15  Hy het vir hulle gesê: "Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom." 

 

Erik Oosthuizen:

Matt 4:4  Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Deut 8:3  Die mens kan nie net van brood alleen lewe nie, …… maar lewe van alles wat uit die mond van die Here uitgaan.

Matt 26: 26 – 28  Jesus gee sy liggaam en sy bloed

Joh 6:35  En Jesus sê hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na my toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in my glo sal nooit dors kry nie.

Die Christusfees is ‘n wonderlike en praktiese uitvoering van Matt 4:4 en Deut 8:3  …..  deur aan andere die kos te gee, meer as die brood, die woord van God, dit wat God deur sy woord vir ons gee.  God  gebruik elkeen betrokke by die fees, watter rol hy of sy ook mag speel, as Sy spreukbuis (mond) wat andere, ek glo baie mense wat die fees gaan bywoon, se lewens gaan raak, en verander, sodat hulle die ewige lewe gaan verkry.


Matt 26 en Joh 6  Jesus het sy lewe vir ons gegee, Hy het die grootste prys ooit betaal.  Hy het dit vir ons gegee en daardeur is ons geseënd (blessed).  Hierdie blessing is nie net vir ons nie, maar ons moet dit aan andere gee.  Distribute the blessing to others.

Die Christusfees is ‘n verdere praktiese uitvloeisel hiervan, deurdat julle God se blessings ontvang het en deur die fees hierdie blessing oordra na andere wie se lewens radikaal gaan verander – baie gaan Jesus vind!

YOU ARE BLESSED AND VIA THE FEST YOUR BLESSINGS WILL BE DISTRIBUTED TO
OTHERS!

Voorspoed met die fees, ek bid vir julle, blessed Children of God.

Malinda van Niekerk:

Hallo julle,  ek is so opgewonde en wens ek kan hierdie boodskap aan al drieduisend feesgangers stuur! Gister toe ek en Hennie van Bredasdorp af wegry, voel ons soos weeskinders, want ons is die naweek so gesalf met die Heilige Gees en dit het gevoel of ons net daar in die tent wou bly.  Jesus kom se vir my: "My kind, net so dra Ek jou op my bors en daar sal jy altyd wees, want Ek het vir jou 'n plek verdien in die hart van My Vader."

Nogmaals dankie vir 'n wonderlike feesnaweek.  Groete

Charlie Dicks:

Hallo Anneleen

Ek is nou eers weer terug op kantoor en daarom dat ek nou eers skryf.

Ek vertrou dat dit met jou goed gaan!  Ek het hard probeer om darem die gesig agter die e-posse raak te loop by die fees, maar sonder sukses.  Miskien kan ons op 'n volgende keer mekaar in die oë kyk en 'n koppie koffie saam drink.

Dankie weereens dat ek deel kon wees van julle Hartklopfees!!  Dra asseblief my "dankie" oor aan elkeen wat betrokke was;  ek sal Bredasdorp en sy Hartklopfees nie gou vergeet nie.  Dis spesiaal dat die Hartklopfees ook uitreik na groepe in julle omgewing wat (vir watter rede ookal) nie die voorreg sou hê om die fees by te woon nie.  Mag julle "werk" sommer baie vrug dra!

Nogmaals dankie vir alles!!

Vriendelike groete

Paul:

 

Hi David.

Thank you very much for having us at the festival.
Please convey my congratulations on a huge success to the organisers!!  Definitely a lot more people than 2009!

We will definitely be attending again in 2011.

Thanks again for the nice Joe Niemand Cd, lovely music.

Regards.

Paul
Pizza Boat

 

getuienisse